Get Involved

Baie dankie dat u belangstel om by ons gemeente betrokke te raak. Daar is vele plekke waar u betrokke kan raak. U betrokkenheid in die liggaam sal u help om deur moeilike tye te druk. Saam is ons beter en kan ons ook die wêreld beter bedien. Ons effektiwiteit word vermenigvuldig soos ons hande neem in die bediening en saam die gemeente laat groei en tot geestelike volwassenheid te kom. Ons plant en maak nat, maar die Here laat groei. Ons glo om te werk as ‘n span. Niemand hier is op sy/haar eie nie. Spanwerk help ons om ons doelwitte te bereik en uitnemend te wees in diensbetoning.  Hier help ons mekaar.

Bedieninge waarin ons u betrokkenheid kan aanmoedig is as volg:
Dissipelskap
Susters
Sondagskool / Kinderbediening
Jeug
Happy Hearts (60+)
Groeters (Greeters) en deurwagters
Voorbidders en Altaarwerkers
Kosmos Angels (‘n Bediening vir verslaafdes)


“Niemand gee om wat jy weet tot hul weet dat jy omgee”. –Ten Boom